Suid-Afrika is weer aangewys as die wêreld se gevaarlikste land om in te ry. SABC News berig dit is volgens ‘n verslag genaamd The World’s Safest Roads, wat saamgestel is deur ‘n aanlyn bestuurderopleidingsplatform.

SABC News berig dit is ook die tweede agtereenvolgende jaar wat Suid-Afrika op bo-aan hierdie ranglys is.

In The World’s Safest Roads-verslag is daar 24,5 padverkeersterftes per 100 000 Suid-Afrikaners, ’n statistiek wat hoër as verlede jaar is.

Ten spyte van die lae snelwegspoedperk van 120 km/h, soortgelyk aan die veiligste land op die lys, Noorweë, sukkel Suid-Afrika met lae sitplekgordelgebruik, met slegs 31% van die voorste sitplekpassasiers wat hul veiligheidsgordels dra.

Ander lande wat as gevaarlik beskou word, sluit in Thailand en die VSA in, terwyl die voorgenoemde Noorweë, Ysland en Japan die veiligste is.

error: Inhoud is beskerm !!