Talle groot inkopiesentrums het ‘n tekort aan eiers – of het ‘n dreigende voorraadtekort gemerk wat verband hou met ‘n landwye uitbreking van voëlgriep. En, dit lyk of verbruikers meer gaan moet opdok vir hierdie sleutelvoedselproduk. Daily Maverick berig van kennisgewings in winkels wat se dat hulle alles in hul vermoë doen om hul rakke vol te hou. Terwyl dit lyk of die kwessie vir eers hoofsaaklik tot Gauteng beperk is, het ‘n ander kettingwinkel kennisgewings by hul eierrakke in Kaapstad en Johannesburg wat sê dat hulle alles moontlik doen om hul hoenders te beskerm. Dit sê verder dat volgens veeartsenykundige advies, word hul vrylopende hoenders, insluitend die henne wat hul eiers lê, tydelik binnenshuis aangehou om hulle teen voëlgriep te beskerm. Hierdie wek ‘n magdom kommer, en dit lyk of kleinskaalse produsente in die moeilikheid is – maar die groter produsente sal ook ‘n verknorsing in die gesig staar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×