Eskom het vir die eerste keer die moontlikheid van beurtkrag van hoër as fase 8 genoem. Die Volksblad berig Jan Oberholzer, bedryfshoof, het Sondag by ‘n mediakonferensie gesê dat minstens fase 6-beurtkrag die hele week nodig sal wees. Indien sake vererger sal beurtkrag van fase 8 en hoër nodig wees, in welke geval Eskom sélf sy hooftoevoer na munisipaliteite sal afsny. Intussen het president Cyril Ramaphosa laat weet dat hy sy oorsese reis weens die kragkrisis gaan kortknip. Netwerk24 berig hy sal Maandag ná die begrafnis van wyle koningin Elizabeth na Suid-Afrika terugkeer. Ramaphosa sou aanvanklik ná die begrafnis na die VSA teruggekeer het vir ‘n sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering. Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, het Sondagaand aan eNCA gesê die president is bekommerd oor die kragsituasie. Ramaphosa het ‘n noodvergadering met belanghebbendes vanuit Londen gehou om uit te vind wat die huidige kragsituasie behels.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×