Suid-Afrika het glo aanbiedinge van regoor die wêreld ontvang om die uitbreiding en versterking van die kragnetwerk te finansier. Dit is luidens die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, wat se dit vorm deel van pogings om oplossings vir die land se beurtkragkrisis te vind. Ramokgopa het by sy weeklikse media-inligtingsessie in Pretoria gesê ‘n transmissiebefondsing-seminaar word later vandeesmaand beplan. Hy sê die doel van die seminaar is om al die spelers bymekaar te bring wat belangstel om die uitbreiding van die kragnetwerk te befonds.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×