Die Wêreldbank het nog ‘n lening van R7,6-miljard aan Suid-Afrika goedgekeur vir die aankoop van entstowwe teen COVID-19.

Die lening kom na aanleiding van ‘n versoek deur die Suid-Afrikaanse regering vir hulp met die finansiering van kontrakte vir die verkryging van entstowwe.

In ‘n gesamentlike verklaring deur die Wêreldbank en die Nasionale Tesourie het die entiteite spesifiek gesê hierdie projek sal die verkryging van 47 miljoen COVID-19-entstofdosisse finansier.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×