Die Valke het ‘n 35-jarige verdagte in hegtenis geneem op terreurverwante aanklagte.
Die man is ná ‘n lang ondersoek by sy huis in Johannesburg aangekeer.
Maroela Media berig die Valke het inligting ontvang oor verdagte transaksies wat na bewering verband hou met die befondsing van terreur.
Elf en ‘n half miljoen rand in die kripto-geldeenheid, Bitcoin, is blykbaar deur ‘n virtuele batediensverskaffer, Luno gekoop. Die geld is van die verdagte se rekening in Luno se rekening inbetaal. Dit is op dieselfde dag van die verdagte se Luno-rekening oorgeplaas na dié van ‘n organisasie wat voorgee om ‘n onafhanklike welsynsgroep te wees.