SA meld bykans twee-duisend nuwe Covid-19-gevalle aan

Altesaam 1912 nuwe Covid-19-gevalle is sedert die Departement van Gesondheid se vorige verslag in die land aangemeld, wat die totale getal op 723,682 te staan bring. Nog 66 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld waarvan 21 in die Oos-Kaap is, twee in Gauteng, sewe in die Vrystaat, agt in KwaZulu-Natal, twee in Mpumalanga, 18 in Noordwes, vier in die Noord-Kaap en vier in die Wes-Kaap. Dit bring die totale aantal sterftes sedert die begin van die pandemie op 19,230 te staan. Die herstelkoers is steeds 90-persent. 

Luister na potgooie hieronder