Suid-Afrika sal ná vier jaar se afwesigheid hierdie jaar weer aan die Chelsea-blommeskou in Londen deelneem.
Suid-Afrika, wat in die sewentigerjare by die Chelsea-blommeskou begin meeding het, spog reeds met 37 goue medaljes, oor ‘n tydperk van 43 jaar. Suid-Afrika se afwesigheid die laaste paar jaar, is weens ’n geldtekort wat ontstaan het toe ‘n hoofborg, van bykans drie dekades, hom aan die projek onttrek het.
Verskeie bekroonde tuinboukundiges en-spesialiste het intussen na vore getree om vanjaar se deelname moontlik te maak. Die Chelsea-blommeskou open op 21 Mei.