Suid-Afrika het die Internasionale Strafhof genader om Israel te laat ondersoek vir beweerde oorlogsmisdaad en moontlike volksmoord teen Palestina.
Die versoek spruit voort uit die voortslepende konflik in die Midde-Ooste.
Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê Suid-Afrika doen ‘n dringende beroep op die Strafhof om toe te sien dat alle leiers wie na bewering aandadig kan wees, voor stok gebring sal word.
Volgens haar behoort daar dringende lasbriewe uitgereik te word vir die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, asook ander leiers wie moontlik by misdadge gedrag betrek kan word.