Munisipaliteite en die privaatsektor is nog nie gereed om die paping in kragopwekking in die land te vul nie. Daar word voorspel dat daar nie betyds hernubare kragbronne in plek sal wees nie. Die huidige planne om steenkoolstasies te vervang, maak voorsiening vir 32 gigawatt wat teen 2051 deur krag en hernubare bronne opgewek sal word, terwyl daar tans reeds 47 gigawatt se vermoë geinstalleer is. Dit kom neer op ‘n gaping van meer s 10 gigawatt wat nie beskikbaar gaan wees nie, of deur die privaat sektor of ander regeringsfere verskaf sal moet word. Die uitfasering van verouderde kragstasies gaan oor die volgende dekades tot ‘n verlies van baie van die land se kragopwekking lei, het Alwie Lewis, adviseur van die Wes-Kaapse premier Donderdag gesê. Die mikpunt is om teen 2035 rondom 50% van die kragtoevoer deur hernubare bronne te kry. Steenkool lewer tans 77% van die land se krag.
