Suid-Afrika se besluit om Israel voor die Wêreldhof te daag, kan dalk tot gevolg hê dat die land meer verloor as wat hy gewen het. So sê prof André Thomashausen, emeritus professor in internasionale reg aan Unisa. Suid-Afrika het Israel op 26 Januarie by die hof verkla van volksmoord in Gaza.

Suid-Afrika se eis vir ‘n skietstilstand is nie toegestaan nie alhoewel Israel verslag sal moet doen oor stappe wat die land volg om volksmoord te voorkom. Netwerk 24 berig Thomashausen meen die regering het eerder baie om te verloor. Die hele Suid-Afrikaanse vervaardigingsektor is afhanklik van moedermaatskappye in Amerika, Brittanje, die Europese Unie, Japan, Australië, Kanada, of dié in Joodse besit. Hy sê dié lande kan hul sake uit Suid-Afrika onttrek weens die besluit om Israel voor die hof te daag. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×