SA se daaglikse Covid-19-sterftes onder 50 vir die eerste keer in maande

Suid-Afrika is skynbaar besig om vordering te maak in sy stryd teen Covid-19 met die laagste aantal daaglikse sterftes in maande wat aangemeld is. ’n Totaal van 15-duisend-427 mense het reeds gesterf na nog 49 mense die afgelope 24-uur dood het. Nog een-duisend-816 nuwe gevalle is aangemeld. Gauteng het nou 214-duisend-831 gevalle, met  116-duisend-167 in KZN, 108-duisend-279 in die Wes-Kaap en 87-duisend-323 in die Oos-Kaap. In die Vrystaat het 41-duisend-604 mense positief getoets, met 27-duisend-94 in Noordwes en 25-duisend-680 in Mpumalanga. Limpopo en die Noord-Kaap het nou onderskeidelik net meer as 14-duisend en 13-duisend gevalle.

Intussen blyk dit asof die feit dat soveel as 45-persent van die inwoners in sekere gebiede van Gauteng aan die koronavirus blootgestel is, dalk onbedoeld tot kudde-immuniteit gelei het. Dit is volgens die inentings-kenner, professor Shabir Madhi. Hy sê dit beteken die virus kan nie meer effektief tussen mense oorgedra word nie. In ’n onderhoud met Biznews Radio, het Madhi egter gewaarsku die lae sterftesyfer in Suid-Afrika is nie noodwendig buitengewoon nie.

Michiel Combrinck