Suid-Afrika se ekonomiese groei is voglens Paul Mashatile, die adjunkpresident, besig om te draai.

Mashatile het aan Bloomberg gesê hy glo die ekonomie kan volgende jaar met minstens een-komma-vyf persent groei.

Die regering beoog om infrastruktuur, insluitend paaie, spoorweë en damme, as deel van ‘n ekonomiese herlewingsplan te bou

Suid-Afrika se ekonomie het vanjaar ‘n paar positiewe punte gesien met inflasie wat gedaal het en die rand wat sterker teenoor buitelandse geldeenhede geword het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×