Die Nasionale Gesondheids-laboratoriumdiens (NHLS), sê hy is steeds druk aan die werk met tussentydse planne wat beraam is om te verseker sy werksaamhede gaan voort. Dit volg nadat die NHLS onlangs die slagoffer van kubermisdaad geword het. Hierdie aanval het tot gevolg dat die lewering van toetsuitslae belemmer word.
Daar is berig dat die aanval nie daartoe gelei het dat kliëntinligting gelek is nie. NHLS-kommunikasiebestuurder, Mzi Gcukumana, sê die stelsel behoort binne ongeveer twee weke weer aanlyn te wees.