Die veldtog om die Pretoria Dieretuin se olifant te bevry het jare geduur en het beskuldigings en betogings ingesluit. Maar uiteindelik is die dieretuin se laaste olifant, Charlie, terug in die wildernis.
Volgens IOL is ny na ‘n 4-uur reis nou by sy nuwe tuiste by die Shambala Privaat Reservaat. Charlie is die eerste olifant uit ‘n nasionale dieretuin wat weer in die natuur vrygelaat is. Die dieretuin se olifantuitstalling sal nou permanent gesluit wees.
Volgens die direkteur van Ban Animal Trading was dit niks meer as dieremishandeling ter wille van menselike Vermaak, om Charlie in eensame aanhouding met byna geen geen skaduwee en sonder verryking te hou nie.