Dit is mans wat sal moet toetree om leiding te neem in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld. Maqueen Letsoha-Mathae, premier van die Vrystaat, het hierdie boodskap gegee by ‘n roudiens vir die Bloemfonteinse onderwyser, wie na bewering met opset deur haar mansvriend doodgery is.
Die premier sê die land se vroue veg meedoënloos teen geslagsgebaseerde geweld, en dat dit tyd is vir mans om dringend met ander mans hieroor in gesprek te tree. Sy sê die onsinnige vlaag van geweld en moord op vroue moet stop. SABC News berig Steven Sejakane, wat van die moord op die onderwyser, Mpho Moalosi aangekla word, doen na verwagting Woensdag om borgtog aansoek.