Suid-Afrika is bekommerd oor die vermeende wanbalanse in die Internasionale Strafhof, of IS, se vervolgingstrategie, het dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking gesê.

Sy het in ‘n parlementêre antwoord aan die EFF gesê SA sal as ondertekenaar van die Rome-statuut voortgaan met dialoog oor moontlike hervormings om die IS se
funksionering te verbeter en wanbalanse te takel.

Die EFF wou weet of die regering van voorneme is om voormalige presidente van Amerika en Brittanje by die IS te verkla vir die inval en bombardering van Irak, Afganistan en Pakistan wat tot die lewensverlies van miljoene gelei het.

Pandor het Donderdag tydens ‘n vergadering met haar eweknieë van Brics-lande gesê die regering kyk na regsopsies sodat die Russiese president die Brics-beraad kan bywoon.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×