Suid-Afrika verwelkom die eerste besoekers van China deur die baanbrekende Trusted Tour Operator Scheme (TTOS)-visuminisiatief.

Volgens ’n regeringsmediaverklaring het die Minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, Minister Patricia de Lille en ander regerings- en toerismebelanghebbendes die eerste groep besoekers van China verwelkom by die Kaapstad Internasionale Lughawe.

Die 15 toeriste en hul gids het Suid-Afrika bereik net enkele dae nadat hul visums deur die nuwe TTOS-visuminisiatief verwerk is.

De Lille het die implementering van die inisiatief as ‘n deurbraak in visumprosesse vir reisigers uit Indië en China beskou.

Die inisiatief sal die visumproses vir reisigers vergemaklik en is ‘n groot stap vir Suid-Afrika se toerismesektor.

Die doel is om die aantal internasionale aankomste uit Indië en China te verhoog, wat beide sleutelmarkte vir die land is.

error: Inhoud is beskerm !!