Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het sy jongste werwing- en keuringsproses voltooi.

Die eerste groep van vierduisend-500 rekrute sal van Maandag af by verskeie kolleges opleiding ondergaan. Altesaam tienduisend nuwe rekrute sal opgelei word. Die Polisiediens sê die keuring is gebaseer op meriete en is vry van vooroordeel, nepotisme en diskriminasie.

Polisiewoordvoerder, brigadier Athlenda Mathe, sê die grootskaalse werwing het ten doel om misdaadbekampingskapasiteit uit te brei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×