Die regering behoort dringend daaraan aandag te gee om meer te doen vir die onderrig van armlastige skoolkinders. Mmusi Maimane, leier van die Bosa-party, Maimane sê SA se onderwysstelsel is verdeeld met ongelykheid wat bestaan tussen skole met geld, en skole waar armoede die orde van die dag is.
Intussen sê die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sy sal die onlangs gepubliseerde Norme en Standaarde vir Skoolinfrastruktuur hersien. Dit om te verseker daar is ‘n daadwerklike verbetering van geriewe by elke skool in die land.