Suid-Afrika se Spesiale Ondersoekeenheid is in Bloemfontein vir samesprekings om korrupsie in die Vrystaat met wortel en tak uit te roei.
Die eenheid het onlangs aangekondig hy gaan die Vrystaatse premierskantoor ondersoek.
Dié ondersoek sluit ook die ampstermyne van die vorige twee premiers in.
Die eenheid se woordvoerder, Kaizer Kganya, het gesê die oogmerk is nie om individue te teiken nie, maar wel om bestuursprosesse te ondersoek.
Bevindinge wat hierdeur gemaak word, sal dan bepaal of enige individue aan die pen behoort te ry.