R580-miljoen het weens onderbesteding deur die departement van hoëronderwys, terug in die nasionale tesourie se koffers beland. Die vakbondfederasie, Saftu, kryt die departement uit vir sy versuim om die geld tot voordeel van die land se studente aan te wend.

Die vakbondfederasie sê hierdie geld behoort egter steeds aangewend te word om behoeftige studente by te staan, en om infrastruktuur by die land se universiteite te verbeter. Saftu-woordvoerder, Trevor Shaku, sê wanbestuur deur die departement het ‘n direkte impak op die land se hoëronderrig-kapasiteit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×