Indien die algemene verkiesing tans sou plaasvind, is die moontlikheid sterk dat die ANC nie ‘n volstrekte meerderheid sou kon behaal nie. Volgens Maroela Media sal die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners, ‘n geskatte 75%, eerder huidiglik ‘n koalisie-regering in beheer van die land wil hê. Die opname is deur die Brenthurst-stigting onder geregistreerde kiesers in Suid-Afrika gedoen. Die peiling het gewys dat die ANC se algehele steun op 41% staan, maar in provinsies soos Gauteng en KwaZulu Natal het die party se ondersteuning tot onder 40% gedaal. Dit dui daarop dat ‘n koalisie regering nou meer moontlik is as 12 maande gelede. Terwyl die ANC se steun die afgelope jaar met 7% gedaal het, het die EFF se ondersteuning van 11% na 17% gestyg.