SA teken 1 210 nuwe gevalle van Covid-19 aan met ‘n positiewe koers van net 4,94%

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand gesê nog ‘n relatiewe lae aantal nuwe infeksies is die afgelope 24 uur gerapporteer.

Tot op hede is 1 494 119 Covid-19-gevalle regoor SA bevestig.

Hiervan is 1 210 in die afgelope 24 uur aangeteken.

Die nuwe infeksies kom uit 24 486 toetse, met ‘n positiwiteitskoers van 4,94%.

Mkhize het Dinsdag ook berig dat 219 nuwe sterftes in verband met Covid-19 die afgelope 24 uur aangeteken is.

Hiervan was 56 in Gauteng, 43 in KwaZulu-Natal, 38 in die Wes-Kaap, 29 in Limpopo, 20 in die Oos-Kaap, 14 in die Noord-Kaap, 10 in Mpumalanga en 9 in die Vrystaat.

Dit beteken dat 48 313 sterftes in verband met Covid-19 gerapporteer is.

Luister na potgooie hieronder