Suid-Afrika verkla Israel nou van beweerde misdaad teen die mensdom by die Internasionale Strafhof in Den Haag.
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, Dirco, het Vrydag bevestig ‘n hofaansoek van 84 bladsye, wat deur News24 onder oë gekry is, is by die Strafhof ingedien.
Luidens die hofstukke bestempel Suid-Afrika Israel se aanvalle op Palestyne, in die voortslepende bloedige Israel/Hamas-konflik, as “volksmoord” van karakter.