Die minister van verdediging, Angie Motshekga, sê daar word tans gewerk aan planne om Suid-Afrikaanse soldate veilig terug te bring uit die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK).

Die troepe is deel van ’n vredesending in die konflikgeteisterde streek.

Tydens ’n besoek aan die Rand Paasskou in Johannesburg het Motshekga gesê logistieke reëlings word afgehandel.

Sy sê hulle ondersoek ook alternatiewe roetes via Uganda of Rwanda, aangesien die lughawe in Goma herstel benodig.

Intussen sê die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, generaal Rudzani Maphwanya, soldate in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo is nie vasgekeer nie.

Maphwanya sê die weermag is besig om logistieke planne te finaliseer om hulle veilig huis toe te bring.

Sowat tweeduisend soldate wag al meer as ʼn maand om terug te keer ná die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se besluit om die vredesending te beëindig.

error: Inhoud is beskerm !!