Dr Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking werk saam met Palestina om ‘n strategie te formuleer om Israel as ‘n apartheidstaat te verklaar. Dit was in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die EFF-LP, Vuyani Pambo, wat die regering in die praktyk doen om solidariteit met die Palistyne te bewys. Volgens Pandor het Suid-Afrika die Wêreldhof regstreeks versoek om ‘n menig te gee oor die regsgevolge van die voortdurende skending van die Palestynse volk se regte deur Israel. Suid-Afrika het ook ‘n rol gespeel om te verhoed dat Israel waarnemerstatus by die Afrika-Unie kry. Suid-Afrika ondersteun ook Palestina se poging om lidmaatskap by die Verenigde Nasies te kry. Suid-Afrika glo Israel is skuldig aan oorlogsmisdade en daarom is die saak ook na die Internasionale Strafhof in Den Haag verwys. Israel het gister sy ambassadeur in Suid-Afrika herroep na aanleiding van die jongste negatiewe verklarings van Suid-Afrika jeens Israel.
