Suid-Afrika wil met Botswana en Namibië in gesprek tree oor die verbod op invoer van Suid-Afrikaanse varsprodukte. Onderskeidelik is dié twee buurlande Suid-Afrika se derde en vierde grootste landbou-uitvoerbestemmings.
‘n Langdurige verbod – wat tot 2025 geld – is in 2021 op groente-invoer vanaf Suid-Afrika geplaas. Luidens BusinessTech dra dit by tot die 8%-daling wat Suid-Afrika vir sy 2023-groente-uitvoere aangeteken het. Mokgweetsi Masisi, president van Botswana, sê die verbod is ingestel om sy land se boerderybedryf en ekonomie ‘n hupstoot te gee.