Die mislukte ooreenkoms tussen SAA en die Takatso-konsortium word nou vir verdere ondersoen na die polisieministerie verwys. Die metaalwerkersvakbond, Numsa, verwelkom hierdie stap, aangesien dit ook aan die Spesiale Ondersoekeenheid die geleentheid sal bied om die lugredery-transaksie behoorlik onder die vergrootglas te plaas.
Daar is bevind dat minister Pravin Gordhan glo versuim het om hom tydens die transaksie op deursigtige wyse te hanteer. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê SAA is ‘n staatsbeheerde entiteit, en dat inligting oor elke aspek van die onderhandelings en die transaksie vir die publiek toeganklik moet wees.