Ds Liezel de Jager se man, Werner, het vandag vlugtig in die landdroshof in Amanzimtoti in verband met haar moord verskyn. Netwerk 24 berig ‘n tranerige Werner was geklee in ‘n kortbroek, baadjie en tekkies tydens sy eerste hofverskyning. Volgens die klagstaat word hy van moord aangekla. Die saak is tot 7 Desember uitgestel vir ‘n borgaansoek. Die staat sal borg teenstaan. Ds Liezel is in 2021 in die oprit van haar pastorie oorrompel en verwurg pas nadat sy van ‘n oggend-drafsessie met vriende teruggekeer het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×