Die saak teen vier van die vyf verdagtes wat by die ontslape president, Nelson Mandela, se huis in Houghton in Johannesburg in hegtenis geneem is, is tot volgende Vrydag uitgestel vir borgtogaansoeke.
Luidens SABC-nuus Die verdagtes word onder meer aangekla van ontvoering en aanranding, in verband met ‘n voorval waarin ‘n Uber-bestuurder glo beroof is.
‘n Vyfde verdagte het nie saam met die ander vier verskyn nie. Volgens aanvanklike berigte is ‘n gekaapte voertuig by die oud-president se destydse woning gevind, waar vyf mense ook in hegtenis geneem is.
Die hof het beveel dat die verdagtes se identiteite nie bekend gemaak mag word nie.