Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) het ʼn nasionale protes teen besnoeiings in die onderwysbegroting in Pretoria gelei.

Sadou het ʼn memorandum van griewe by die nasionale tesourie ingedien.

Daily Maverick berig die optog het Woensdag die aandag gevestig op onderbefondsing, oorvol klaskamers, ongevulde poste en swak werksomstandighede.

Sadou het gewaarsku teen die las op opvoeders, verrottende infrastruktuur en “moderne slawerny”-lone.

Die eise is onder andere, dringende hervormings, betaling van agterstallige salarisse en dat plaasvervangende onderwysers onmiddellik aangestel word om onderrigstandaarde te handhaaf.

Volgens Newskoop het die president van die vakbondfederasie Cosatu, Zingiswa Losi, die Nasionale Tesourie en die Departement van Basiese Onderwys 21 dae gegun om op die vakbond se eise te reageer.

LUISTER HIER:

error: Inhoud is beskerm !!