Sadou, die land se grootste onderwyservakbond, is hoogs ontevrede met Siviwe Gwarube van die DA se aanstelling as minister van basiese onderwys. Die vakbond sê daar was nog altyd ʼn vyandelike verhouding tussen Sadou en die DA. Sy sekretaris-generaal, Mugwena Maluleke, sê die DA se narratief is om die vakbond te blameer vir
blameer dit wat in die onderwyssektor verkeerd loop.
Volgens die vakbond weier die DA ook om die rol van koloniale en apartheidsonderwysstelsels wat ongelykhede in die sektor verskans, te erken. Sadou is van mening dat die DA die vakbond lam wil lê.