SADOU spreek sy kommer uit oor die toename in kinders wat skool verlaat te midde van die pandemie

Die onderwysvakbond Sadou het ernstige kommer uitgespreek oor ‘n toename in leerlinge wat skool verlaat te midde van die coronaviruspandemie. Dit volg na onlangse berigte dat soveel as 750,000 leerlinge moontlik skool verlaat het. Die vakbond sê die regering onder leiding van die ANC moet meer doen om skole te steun waar groot getalle leerlinge skool voor matriek verlaat. Die hoofsekretaris van Sadou, Mugwena Maluleke sê in baie gevalle is die rede nie direk die pandemie nie, maar ook ouers wat hulle inkomste verloor het, en nie meer skoolfonds kan bekostig nie.

Luister na potgooie hieronder