SADTU sê die impak van die derde vlaag van die coronavirus moet eers duidelik word, voordat kinders voltyds by die skool kan wees

Die onderwysvakbond, SADTU, sê hulle meen die impak van die derde vlaag van die coronavirus moet eers duidelik word, voordat kinders voltyds teruggestuur word skool toe.

Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het regulasies in die Staatskoerant gepubliseer, wat bepaal dat laerskoolkinders van 26 Julie af, daagliks op die skoolbanke moet wees.

SADTU sê onderwysers word ook geraak, namate die aantal infeksies in skole toeneem.

Die vakbond sê dit is belangrik om te sien watter voorbereidings in die volgende ses weke getref gaan word, om die verspreiding van die coronavirus in skole te vertraag – veral in die lig van oorvol klaskamers.

Luister na potgooie hieronder