Die Suid-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe-omgewingsinstituut (Safcei) het die
regering se besluit om nie kernenergie aan te skaf nie verwelkom. Safcei het ‘n hofsaak
teen die verkryging van kernenergie ingedien. Safcei se uitvoerende direkteur, Francesca
de Gasparis, sê die minister se aankondiging is ‘n oorwinning vir die publiek en
demokrasie.