Die vakbondfederasie Saftu veroordeel adjunkpresident Paul Mashatile se voorstel om die Suid-Afrikaanse Lugdiens te privatiseer.
Saftu beskou dit as roekeloos en reken dit is nie in Suid-Afrikaners se belang nie.
Saftu se Trevor Shaku sê dit is reeds bewys dat staatseienaarskap kan help om bekostigbare en betroubare vervoer vir die werkersklas te verseker.