Die vakbondfederasie Saftu het gister ’n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om alle bande met Israel te verbreek. Saftu het die regering se reaksie op die Palestynse krisis gekritiseer en hul ingrypings onvoldoende genoem. Hulle het gevra vir die onmiddellike uitsetting van die Israeliese ambassadeur en die sluiting van die Israeliese ambassade. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, versoek die regering om alle bande te verbreek en internasionale pogings aan te wend om Israel te isoleer. INTUSSEN, het Moslem-organisasies die week ‘n dringende eis tot die regering gerig dat die Israeliese ambassadeur in Suid-Afrika uitgeskop moet word. Die kabinet het ook die departement van internasionale betrekkinge en samewerking opdrag gegee om teen die Israeliese ambassadeur op te tree vir sy neerhalende aanmerkings teen diegene wat hul teenkanting uitspreek teen Israel se gruweldade.