Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, of Saftu, veroordeel die Amerikaanse regering se veto om Palestina van die Verenigde Nasies, of VN, uit te sluit. Palestynse owerhede het vir die tweede keer aansoek gedoen om as ‘n volle lidstaat by die VN erken te word.

Die Amerikaanse regering het egter in die Veiligheidsraad teen Palestina gestem en sy vetoreg gebruik om hulle suksesvol te verhoed om ‘n lid te wees. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die VSA se veto stem ooreen met sy houding teenoor Palestina oor die afgelope vyf dekades, met voornemens om die Palestyne te onteien.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×