Die vakbondfederasie van Suid-Afrika, of Saftu, het sy stem by talle organisasies gevoeg wat glo dat vanaand se staatsrede geen werklike vrugte sal afwerp nie.

Saftu het ‘n lang lys van aangeleenthede waarop hulle hoop dat president Cyril Ramaphosa sal fokus wanneer hy die land toespreek.

Die federasie het gesê hy het alle vertroue in Ramaphosa en sy regering verloor om die land te lei, danksy jare se leë beloftes.

Vanjaar se staatsrede sal volgens Saftu ‘n blote herhaling van vorige jare wees, en hy glo dit sal weer misluk om die behoeftes van armes aan te spreek.

Saftu-woordvoerder, Trevor Shaku, het gesê hulle stel egter steeds belang om te hoor wat die regering se planne is om werkloosheid hok te slaan, sy oplossings vir die voortslepende energiekrisis en sy strategie om grootskaalse korrupsie nek om te draai.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×