Die sagtevrugtebedryf in Suid-Afrika ervaar tans ʼn groot krisis weens die onlangse vloedskade in die Wes-Kaap. Groot dele van die provinsie het oor die September langnaweek oorstroom. Volgens die sagtevrugte-organisasie, Hortgro, is belangrike produksiedele soos Grabouw, Elgin, Vyeboom, dele van die Klein-Karoo en Franschhoek erg beskading. Die provinsiale Departement van Landbou beweer dat die aanvanklike impak van skade aan infrastruktuur op die produksiegebied oor die 400 miljoen rand kan kos. Hortgro het gesê dit is kommerwekkend aangesien sagtevrugte die grootste landbou-kommoditeit in die streek is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×