Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) sê dit het geen teken van diëtileenglikol in twee herroepe besendings van Benylin- pediatriese stroop gevind nie.  ’n Voorsorgherroeping van twee besendings Benylin is op 13 April geïmplementeer ná berigte van hoë vlakke van diëtileenglikol.

Die owerheid sê hy het monsters van die twee besendings stroop getoets en nie spore van diëtileenglikol gevind nie. Dit dui aan dat die twee besendings wat by die vereiste temperatuur gestoor is, nie onaanvaarbare vlakke van diëtileenglikol sal bevat nie.

‘n Woordvoerder vir die Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, Madimetja Mashishi, sê hulle sal voortgaan om mediese produkte wat die potensiaal het om onaanvaarbare vlakke van diëtileenglikol te bevat, noukeurig te monitor.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×