Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het aangekondig dat geskeduleerde onderhoud aan sy digitale platforms Vrydagaand en Saterdagaand sal plaasvind.
Tydens hierdie tye kan belastingbetalers diensonderbrekings op eFiling, asook op belasting- en doeaneplatforms ervaar.
’n Kennisgewing op hul webwerf verduidelik dat die onderhoud deel is van SAID se strewe om ’n moderne en betroubare belastingdiens te wees wat op digitale tegnologie steun om doeltreffende, veilige en gebruikersvriendelike dienste te lewer.
SAID sê hul tegnologie-infrastruktuur moet hoë vlakke van beskikbaarheid, robuustheid en sekuriteit bied om aan belastingbetalers se behoeftes te voldoen en openbare vertroue te versterk.
Gereelde opgraderings en verbeterings is noodsaaklik vir dié visie.