Die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa (BLSA), Busi Mavuso, waarsku dat die regering se planne vir nasionale gesondheidsversekering (NGV) die einde vir private voorsiening van gesondheidsorg sal beteken.
Mavuso sê dat die uiteindelike resultaat meer waarskynlik ‘n burokratiese gemors sal wees wat alle keuses van pasiënte wegneem.
Hy sê die NVG sal alle Suid-Afrikaners slegter laat in ‘n stelsel waarin staatsvoorsiening onmoontlik sal wees en private gesondheidsvoorsiening
effektief gesluit sal word.