Die lisensieraad vir lugdienste, of ASLC, in Suid-Afrika is glo besig om onregmatig lugdienslisensies aan rasgedrewe kriteria onderhewig te maak. Volgens die Sakeliga dreig die ASLC tans om lugdiensondernemings wat na sy oordeel te wit is, se lisensies te weerhou. Maroela Media berig die Sakeliga het ‘n beroep op die ASLC gedoen om die proses dadelik te staak en terug te keer na die toepassing van bedryf-, veiligheid- en aanspreeklikheidsvereistes waarvoor dit wetlik gemagtig is. Piet le Roux, uitvoerende hoof van die Sakeliga het gesê die ASLC se optrede is ongrondwetlik en onregmatig. Die sakelui het rolspelers in die lugvaartbedryf wat meer inligting rakende die regsposisie benodig, genooi om hulle te kontak.