Sakeredders is deur die SAL se vlieëniersvereniging, Saapa, tot moremiddag tyd gegee om uitstaande bonusse te betaal

Sakeredders is deur die SAL se vlieëniersvereniging, Saapa, tot moremiddag tyd gegee om uitstaande bonusse te betaal. Die Departement van Openbare Ondernemings het ‘n aanbod op die tafel gesit om nou drie maande se agterstallige salarisse te betaal, maar vakbonde sê die lugdiens skuld hulle vyf maande se salaris. Van die vakbonde het wel voorgestel dat die res van die betalings kan wag tot die SAL die beloofde reddingsboei van die regering gekry het en die regrukplan in werking gestel is. Saapa het egter die regering se voorstelle verwerp en dreig met regstappe as daar nie teen moremiddag ‘n onderneming gegee is oor verlede jaar se dertiende tjeks nie.

 

Luister na potgooie hieronder