Dit net ‘n handtekening wat staan tussen die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering, of NGV, en die bekragtiging daarvan. Daarom het die sakesektor ‘n laaste pleidooi gelewer dat die NGV in sy huidige vorm verwoestende gevolge vir die land en sy mense sal hê en vir baie geslagte wat nog kom.
Martin Kingston voorsitter van Business for South Africa, of B4SA, het gesê hulle en Business Unity South Africa, of Busa, het Ramaphosa gister gevra om die omstrede wetsontwerp weens sy ongrondwetlikheid na die Nasionale Vergadering terug te stuur. Daar is by die twee leidende sake-organisasies geen twyfel dat die wetsontwerp prakties gesproke nie doeltreffend kan werk nie.
Cas Coovadia, uitvoerende hoof van Busa, het gesê wat die land nodig het is ‘n NGV wat deur die grondwet ondersteun word en wat bekostigbaar is. Die groepe waarsku die huidige wetsontwerp sal toegang tot universele gesondheidsdekking wesenlik vertraag en lei tot disinvestering in die gesondheidsektor.