Die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, of SAKP, Solly Mapaila, sê diegene wat die minister van Polisie, Bheki Cele, se kop eis, moet eerder met oplossings vorendag kom. Hy het dié uitlating Maandag by die eerste Ruth-First gedenklesing in Johannesburg gemaak. Hy het gesê misdaad is ʼn daadwerklike probleem in die land, maar om die minister te vervang gaan nie noodwendig die probleem oplos nie. Volgens hom is misdaad ‘n samelewingskrisis en draai dit nie om een individu nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×