Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) kan in die toekoms steeds ‘n private-ekwiteitvennoot kry, maar die staat sal die groot aandeelhouer wees.

EWN berig dit is volgens die adjunkminister van openbare ondernemings, Obed Bapela, wat vrae van parlementslede beantwoord het oor die mislukte SAL-Takatso-ooreenkoms.

LEES MEER: Transaksie om SAL te koop van die baan af

Bapela het ook gesê die SAL sal vir die volgende 18 maande alleen vlieg sonder enige private vennoot en is ook nie geoormerk vir enige staatsreddings nie. Hy het nie uitgesluit om nog ‘n strategiese aandelevennoot vir SAL te kry ná die mislukte transaksie om ‘n meerderheidsbelang te verkoop nie. Maar, hy het gesê die staat moet volgende keer meerderheidsbeheer hê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×