Die Suid-Afrikaanse Drankhandelsmerkvereniging (Salba) het kommer uitgespreek oor die regering se gebrek aan ‘n duidelike strategie om die onwettige alkoholsektor aan te spreek.
Salba waarsku dat baie verbruikers hulle tot goedkoper, onbelaste alkohol wend terwyl die Nasionale Tesourie aksyns op wettige produkte verhoog.
Die vereniging se hoof- uitvoerende beampte, Kurt Moore, het die regering aangemoedig om in te gryp aangesien ekonomiese druk, swak toepassing en gebrekkige belasting tot die onwettige handel bydra.